Swart en Heroldsbaai-inwoner oor misdaadbekamping in die omgewing en met dié antwoord ook sy stem by dié van George se gemeenskapsveiligheidsraadslid, Iona Kritzinger gevoeg wat haar kommer uitgespreek het oor die misdaadsituasie in George.
“Volgens die polisie is daar ‘n algemene afname in misdaad, maar tog het die Departement van Prestasiebeoordeling en Evaluasie in die kantoor van die president bevind dat daar ‘n toename in die geval van huisbraak, inbrake en motordiefstal is. Dit blyk dan ook die geval in George te wees waar daar ‘n besliste toename in misdaad is. Dit is gevolglik skokkend dat die polisie dit oorweeg om die aantal voertuie wat per sektor beskikbaar is, te verminder. Dis ook sinneloos om die dienste van uitgekontrakteerde skoonmakers en hekwagte te kanselleer om self hierdie take oor te neem.”
Lees die volle artikel – www.georgeherald.com/news.aspx?id=31832&h=LP-kritiseer-SAPD-besluite.